Thursday 19 January 2012

Jan Orrelis

1827: JAN ORRELIS DE VILLIERS


Jan de Villiers is in die Paarl gebore. Sy eerste musiekonderwyser was die Stellenboschse – later Paarlse – orrelis, Pieter Hugo. Vanaf 1840 het hy in Kaapstad lesse in klavier, viool, harp en orrel ontvang, waarskynlik van die bekende Kaapse orrelis Frederick Logier. In 1847 begin hy dan in die Paarl met sy werksaamhede as musiekonderwyser, komponis en, as opvolger van Pieter Hugo, orrelis van die Strooidakkerk.

As uiters deeglike musiekonderwyser het hy 'n groot bydrae gelewer tot die opvoeding van die jeug, eers deur private lesse, later aan die Paarlse Gimnasium en vanaf 1872 in sy eie "Ladies Seminary", die voorloper van die Hoër Meisieskool La Rochelle.
As ywerige koorleier en orrelis (vanaf 1875 aan die afgestigte gemeente Noorder-Paarl), het hy weliswaar sterk onder invloed van die negentiende-eeuse Engelse geestelike lied, in samewerking met sy neef Rocco de Villiers, in opdrag van die Sinode gewerk aan die verbetering van die kerksang, en oratoriums (onder meer Epiphanie), orrelwerke en Psalmmelodië gekomponeer. Sy musiek by die reeks toesprake van ds SJ du Toit (Toitius) oor die Onvervulde Profesieë (1878) kan as die begin van die geestelike kantate in die NG Kerk beskou word. Verder komponeer hy 'n groot aantal geleentheidskomposisies vir verskillende vokale en instrumentale besetting na aanleiding van gebeurtenisse van nasionale en internasionale belang. Aan die GRA het hy daadwerklike steun verleen en onder meer melodië geskryf vir 'n Ieder nasie het sy land, en vir Die Vierkleur.

Hy was getroud met Johanna Maria Wilhelmina van der Lingen. Hulle twee dogters, Nancy de Villiers en Elizabeth (Von Willich), was in 1905 medestigters van die Konservatorium op Stellenbosch. Jan Orrelis is op 2 Mei 1902 in die Paarl oorlede.

Sunday 1 January 2012

Stellenbosch Church Organ 1858 Rev. G.W.A. van der Lingen

On the 28th February 1858 the new Stellenbosch Dutch Reformed Church organ was inaugurated at a service lead by Rev. G.W.A. van der Lingen and was played by the long term organist Pieter Hugo.